Volgens dr. Joe Phaahla, minister van die departement van gesondheid, beveel die ministriële advieskommittee dat die dra van maskers in die buitelug opgehef moet word.
Die voorstel sal glo volgende week aan die koronavirusbevelsraad voorgelê word.
Ander moontlike verslappings aan inperkingsmaatreëls sluit ‘n verslapping aan reëls rakende die aantal mense wat sosiale byeenkomste kan bywoon, reise oorsee en ontspanningsaktiwiteite in.



