Izak du Plessis, van Nuuspod, sê Max du Preez praat “absolute loutere makouk*k” na ‘n berig in Vrye Weekblad wat suggereer die Kill the boer-lied moenie mense so ontstel nie.
Max du Preez het ‘n artikel geskryf, genaamd Setlaars se moer, man en sê al wat AfriForum regtig reggekry het met die haatspraak-saak teen Julius Malema en die EFF is om die meeste swart Suid-Afrikaners en die meeste wit Suid-Afrikaners te laat “kant kies”.
“Dit maak nie saak wat die hof in AfriForum se hofsaak teen Julius Malema en die EFF oor ‘n struggle-lied beslis nie, Malema is klaar die wenner,” skryf Du Preez. Lees die berig hier.
Du Plessis spreek dié berig aan in sy potgooi, Nuuspod. Hy sê daar is ‘n “gekkery” in die redenasie wat Du Preez voer.
“Dis ‘n emosionele lied wat mense sover gekry het om misdaad te pleeg. Daar is niks mee verkeerd om kant te kies nie. Om kant te kies, beteken nie dat jy teen ‘n verenigde Suid-Afrika is nie.”
Du Plessis sê verder dat Du Preez, Pierre (de Vos) en Stephen (Grootes) ernstige kritiek sal hê teen die sing van Die Stem in die openbaar. “Hulle maak geldige punte daaroor, maar dan gaan hulle met ‘n k*k argument… en probeer verduidelik waarom mens nie moet ontsteld wees oor die sing van Kill the Boer, Kill the Farmer, nie. It doesn’t make sense.”
Ben Burger lewer dan kommentaar en vra Vrye Weekblad of “ons weereens die ander wang moet draai?”
Fanie Cremer sê Du Preez, De Vos en Grootes moet “uit hulle sekuriteitskomplekse kruip en op ‘n plaas gaan bly, sonder enige sekuriteit naby aan ‘n township waar die lied daagliks gesing wod. Gaan besoek die boere wat deurgeloop het onder plaasaanvalle en beleef die rou emosie en hartseer wat daarmee gepaard gaan.”
Kyk die volledige uitsending hier:



