Die Departement van Basiese Onderwys het die sperdatum om te registreer vir die Mei-Junie matriek-hereksamen uitgestel. Studente het nou tyd tot 21 Februarie om te registreer.
Die departement sê dit het onder sy aandag gekom dat kandidate sukkel met die aanlyn-registrasie.
Die eksamen akkommodeer studente vir die gewysigde senior sertifikatte, die ou matriek, sowel as die huidige nasionale senior sertifikaat.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



