Volgens politieke ontleder Susan Booysens moet president Ramaphosa regter Mandisa Maya as die volgende hoofregter aanstel en hy moet dit so gou moontlik doen.
Sy het bygevoeg dat Ramaphosa waarskynlik die Regterlike Dienskommissie (RDK) se aanbeveling dat Maya die geskikste vir die hoofregterpos is, sal moet aanvaar.
Die onderhoude vir hoofregter wat plaasgevind het, is gekritiseer nadat sommige die proses bevraagteken het.
In ‘n skokkende stap het die RDK hulle aanbeveling aan die president gemaak minder as ‘n dag nadat hulle die laaste onderhoud gevoer het.
Booysens het gesê dat die president hom nou in ‘n geen-wen-situasie bevind. Sy het gesê dat hy met die RDK se aanbeveling sal moet saamgaan en regter Maya moet aanstel.
Die proses is gekritiseer deur die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) wat gesê het dat dit met politiek besmet is.
Bronne: EWN, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Regter Mandisa Maya aangemoedig om die pos van hoofregter te ‘weier’



