Reën bring hoop vir Noord-Kaap boer

Deel hierdie storie / Share this story

Paul van Niekerk (49) ‘n boer van Hopetown, het sy blydskap met FiND-iT gedeel oor die reën wat hy die afgelope tyd ontvang het op sy plaas Gannahoek, net buite Hopetown, Noord-Kaap. 

Paul boer op Gannahoek met skaap, bees en saad-uie. Hy het ook soos baie boere planne begin maak vir wanneer hy nie verder kon boer nie as gevolg van die droogte. Die boere in die Noord-Kaap het swaar getrek en ook moed verloor, maar die nat weerstoestande wat die afgelope paar maande heers in die Noord-Kaap het weer moed gebring.

Gannahoek se veld na die 125 mm reën

Gannahoek het  in die eerste paar dae van Februarie ‘n volle 125 mm reën ontvang. Dit is blykbaar die eerste keer in tien jaar wat die plaas soveel reën ontvang het, en Paul hoop vir nog meer.

“Al hierdie reën beteken dat die opgedroogde boorgate weer water kan kry. Dit is ook nie meer nodig om my vee te voer nie, wat ’n koöperasierekening met 75% verminder.”  Dit op sigself is ’n verligting vir enige boer. Paul het op 3 Februarie heeldag gestoei om sy bakkie uit die land uit te kry nadat die bakkie in die modderige veld vasgeval het. 

Paul se bakkie het vasgeval in die veld

Na vele probeerslae het hy hulp laat kom. Sy buurman en plaaswerkers het saam geswoeg en gesweet, maar een bakkie, twee trekkers en ’n motorfiets later het hulle almal moed opgegee en opgepak vir die dag.

‘Daar was nie ’n manier vir ons om hulle uit te kry nie. Hulle sal maar vanaand in die veld moet slaap, maar môre moet al vier uit voor die reën wat voorspel is vir Saterdag en Sondag ons kom vang. Anders slaap hulle daar vir twee weke lank.’

Een van die trekkers wat ook vassit in die veld

Saam met die skade wat die reën bring, kom daar ook seëninge, ’n klein sprankel van hoop vir menigte.

Lees hier oor die erfgenaam van Prinses Diana se herehuis.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.