Die Amerikaanse akteur Tom Cruise gaan in Suid-Afrika wees om te begin met die verfilming van Mission Impossible 8 wat op 28 Junie 2024 vrygestel word.
Mission Impossible 8 sal glo in Durban en Kaapstad verfilm word. Bronne na aan die produksiespan het onthul dat Cruise en ander akteurs oor ‘n paar maande in Durban sal begin verfilm.
Die vrystellingsdatum vir Mission Impossible 7 is uitgestel na 14 Julie 2023.
Die vrystellingsdatum vir Mission Impossible 8 is van 7 Julie 2023 na 28 Junie 2024 verskuif.
Bronne: The World News, MSN
Lees ook: SA was nog altyd gereed vir ‘n vroulike hoofregter – Regter Maya
Volg FiND iT hier.



