Victoria Beckham eet al 25 jaar lank elke dag dieselfde maaltyd

Deel hierdie storie / Share this story

Sal jy elke dag van jou lewe dieselfde maaltyd kan eet?

Victoria Beckham (47), destyds sanger van die groep Spice Girls en modeontwerper, eet glo al vir die laaste 25 jaar dieselfde maaltyd, met een uitsondering en dit was net toe sy swanger was.

Victoria se man, bekende sokkerspeler David Beckham (46), sê  vandat hy Victoria ontmoet het, eet sy net geroosterde vis en gestoomde groente.

“Die enigste keer wat sy iets gedeel het wat op my bord was, was toe sy swanger was met ons dogter, Harper,” onthou David met liefde.

Bron: https://www.mirror.co.uk/3am/celebrity-news/david-beckham-says-wife-victoria-26104921?utm_source=facebook.com&utm_medium=social&utm_campaign=mirror_main&fbclid=IwAR27a5sVOoh2LTvkFy72M-32EEIZiqJe_GoM9bOyKJuyyJIcgIWLbdKnl8k

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.