Skoonma hang foto’s van seun se eks die hele huis vol

Deel hierdie storie / Share this story

Kom jy met jou skoonma oor die weg? Een skoonma het haar seun en sy eks-vrou se troufoto’s in die nuwe vrou se nuwe huis gehang.

Hierdie is een vrou wat alte goed weet hoe moeilik dit is om met jou skoonma oor die weg te kom, nadat sy jare lank na haar skoonma geluister het oor haar man se eks-vrou, haar na partytjies en vakansies genooi het en gereeld gepraat het oor hoe baie sy van haar hou.

Dinge het egter onlangs ‘n slegte wending geneem toe die vrou besig was om haar en haar man se nuwe huis te versier, met ’n bietjie hulp van haar skoonma. Sy het die skok van haar lewe gekry toe sy ’n gedeelte van die dekor sien.

Sy het een aand van die werk af by die huis aangekom om te ontdek dat haar skoonma foto’s van haar man en sy eks-vrou op hul troudag, in die middel van hul nuwe huis, opgehang het.

Te verstane was die vrou woedend en het haar skoonma voor stok gekry.

Volg FiND iT op Facebook hier en ees meer artikels hier.