Sanger Rihanna (33) het die naweek haar swanger magie gewys terwyl sy saam met haar kêrel A$AP Rocky (33) in New York rondgeloop het.
Dit sal beide Rihanna en A$AP Rocky se eerste kind wees.
Die paartjie het hul romanse in Mei 2021 in ’n onderhoud met GQ bevestig, ná maande se bespiegeling dat die twee uitgaan. In die onderhoud het hy Rihanna die “liefde van my lewe” genoem.






