Die polisie versoek die gemeenskap se hulp om ’n vermiste persoon op te spoor.
Kyle Ronald Abrahamse (23) is al sedert Dinsdag 28 Desember 2021 vermis. Hy het sy broer se huis in Voortrekkerstraat, Despatch, omstreeks 19:00 op die spesifieke dag verlaat en nooit teruggekeer nie.
Vermiste persoon
Abrahamse het ten tyde van sy verdwyning n blou denim, n ligblou T-hemp en swart tekkies aangehad. Hy is 1,6 m lank en sy gewig is omtrent 76 kg. Kyle loop effens mank met sy linkerbeen en albei arms het ’n ster-tattoe op.
Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, speur-ao Mario Jonck by 084 810 9078, 041 933 8000, SAPD Crime Stop 08600 10111 of die naaste polisiestasie te kontak.



