Go Carters en Overland Liquors Kimberley maak pad reg

Deel hierdie storie / Share this story

Overland Liquors Kimberley en GO Carters (ou Caltex) in Swannsweg, Heuwelsig, is tans besig om die pad en die parkeer-area reg te maak.

Paul Lendia, eienaar van Overland Liquors, sê hulle maak die pad reg sodat dit geriefliker is vir kliënte en sodat kliënte se voertuie nie beskadig moet word nie.

Drinie de Boer, eienaar van GO Carters, sê indien jy in die volgende twee weke vir Go Carters Fill Stasie of Overland Liquors Heuwelsig besoek, kan jy verseker wees die pad werke sal van korte duur wees en sal dit jou ervaring soveel beter maak wanneer dit klaar is.