Vrou in hegtenis in verband met moord

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy haarself oorhandig het na sy na bewering haar man met ’n gebreekte bottelkop aangeval het.

Die polisie is Saterdag 29 Januarie 2022 na die Bainsvlei-gemeenskapdienssentrum uitgeroep nadat ’n bakleiery uitgebreek het. By hulle aankoms op die toneel het hulle die bebloede liggaam van ’n man aangetref.

Vrou steek man in arm

’n Vrou (24) wat glo die slagoffer se vrou is, het haarself as die aanvaller oorhandig en het aan polisielede gesê die slagoffer het haar in die gesig geklap waarna sy hom met ’n gebreekte bottelkop in die arm gesteek het.

Die polisie het die vrou in hegtenis geneem en ’n saak van moord is by die Bainsvlei-polisiestasie geopen. Die verdagte sal op Dinsdag 1 Februarie 2022 in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.