’n Man het ’n tiener aangeneem nadat sy ouers hom by ’n hospitaal gelos het.
Peter Mutabazi het op 12 November 2019 vir Tony aangeneem nadat hy hom net vir die naweek moes huisves. Peter was in daardie stadium ’n geregistreerde pleegsorgouer.
Tiener deur ouers by hospitaal gelos
Tony was in pleegsorg sedert hy twee jaar oud was en is op die ouderdom van vier deur ’n paartjie ’n Oklahoma aangeneem, maar op die ouderdom van 11 jaar oud het hulle hom sonder ‘n verskoning by ’n hospitaal agtergelaat.
Kort daarna het Peter ’n telefoonoproep van ’n pleegsorgwerker ontvang wat gevra het of hy Tony vir die naweek kan inneem.
Peter vertel hy het daardie naweek so gehuil toe hy hoor wat die seun alles moes deurmaak en hy het net geweet hy moes hom aanneem. Die oomblik toe die ouers se regte afgeteken was, het Peter die aannemingsproses begin.
Peter, wat in Uganda grootgeword het, het ’n persoonlike verbintenis met Tony se storie gehad omdat hy self op die ouderdom van 10 uit ’n huis waar hy mishandel was, weggeloop het.



