Die Griekwaland-Wes skeidsregters vereniging is op soek na nuwe talent om deel te word van die provinsie se skeidsregters paneel. Online Co. het by die hoof van Skeidsregters, Kat Swanepoel gaan kers opsteek oor wat dit behels om ’n goeie skeidsregter te word.
Goeie skeidsregter is n man of vrou met integriteit, iemand met goeie selfbeheersing en ’n sterk selfbeeld. Die persoon handhaaf ’n gesonde en fikse lewenstyl en kyk mooi na sy liggaam.
Hoe oud moet ek wees om te mag blaas?
Die toegelate ouderdom is tussen 16-30 jaar.
Waar kan ek aansluit?
As jy as skeidsregter wil betrokke raak moet jy eers by jou plaaslike skeidsregtersvereniging aansluit.
Watse kwalifikasies het ek nodig?
Voornemende skeidsregters moet heel eerste n BokSmart kursus bywoon wat hom leer oor al die veiligheid aspekte in rugby en die bestuur daarvan.
Dan word jy eers as n Assistent Skeidsregter opgelei waarna jy vir n tydperk by wedstryde as Assistant Skeidsregter aangestel word. Hier word daar na jou gekyk om te sien hoe jou aanvoeling vir die spel is en hoe jy jou take as Assistant Skeidsregter verrig.
Die volgende stap is dat jy n vlak1 World Rugby skeidsregters kursus bywoon waartydens jy geleer word om basiese fasette van die spel te bestuur.
Die regte opwinding begin wanneer jy n vlak1 World Rugby skeidsregters kursus bywoon waartydens jy geleer word om basiese fasette van die spel te bestuur.
Jy kry dan geleentheid om saam met n senior skeidsregter op die veld n wedstryd te hanteer.
Ons noem dit shadow. Tydens hierdie wedstryde sal jy onder die toesig van die senior skeidsregter sekere aspekte van die wedstryd bestuur/hanteer.
Wanneer mag ek my eerste wedstryd blaas?
Sodra jy vertroud is met al jou verantwoordelikhede op die veld sal jy as skeidsregter op jou eie aangestel word om junior vriendskaplike wedstryde te hanteer waartydens jy onder die wakende oog van n skeidsregter afrigter sal optree wat na die afloop van die wedstryd vir jou terugvoer gee oor jou hantering van die wedstryd.
Wanneer jy genoeg ondervinding en kennis opgedoen het sal jy oorweeg word om wedstryde op n hoër vlak te hanteer.
Moet ek fiks wees om as skeidsregter op te tree?
Om as skeidsregter te kwalifiseer moet jy ook ’n 8 bleep toets slaag (fiksheidstoets) en tenminste 60% vir jou reël eksamen kry. Skeidsregters se fiksheid en reëlkennis word maandeliks tydens maandvergaderings getoets.
Hoe hoër die liga is waarin jy blaas hoe hoër is die fiksheid en eksamen vereistes. Beginner 8 bleep + 60% vir eksamen.
2de Liga 9 bleep en 65% vir eksamen. Eerste Liga 11 bleep en 70% vir eksamen. SARU vereiste is 12 bleep en eksamen soos deur bestuur bepaal word.
Dit is baie belangrik dat jy die rugby reels baie goed moet ken en jy moet fiks wees om dit te kan toepas. Die beste skeidsregters is gewoonlik die fiksste skeidsregter wat n goeie aanvoeling vir die spel het (met goeie kome sens)
Hoe gereeld word skeidsregters aangestel?
Skeidsregters word weekliks vir wedstryde aangestel. Dit kan gebeur dat n skeidsregter soms tot 2 wedstryde op n Saterdag hanteer.
Wanneer skeidsregters aangestel word om wedstryde buite sy dorp te hanteer word hy vir sy reis koste betaal wat R2.50 p/km behels.
Word skeidsregters vergoed?
Vir klubs en skole liga wedstryde ontvang hy R150.00 per wedstryd as skeidsregter.
Mag dames ook deel word van die skeidsregters vereniging?
Mans en dames kan as skeidsregters opgelei word en groot klem word tans op die werwing van veral vroue en African Black skeidsregters gelê.
Kan ek ’n beroep daarúít maak?
Slegs die bestes van skeidsregters word professionele skeidsregters. In SA is dar slegs n handjie vol skeidsregters wat skeidsregters hulle loopbane kon maak.
Waar kan ek navrae doen indien ek sou wou betrokke raak?
Persone wat belangstel kan my kontak, Kat Swanepoel by 082 822 3770 of [email protected]



