Slegs weke na Jason Mamoa en Lisa Bonet hulle planne om te skei aangekondig het, is die Aquaman-akteur gesien waar hy glo in ’n kampeerbussie op ’n vriend se erf bly.
Die paartjie het baie verras toe hulle vroeër vandeesmaand ná 17 jaar saam planne om te skei aangekondig het.
Dit is nie bekend of Mamoa amptelik uit sy huis in Kalifornië wat hy voorheen met sy binnekort-eksvrou Lisa en hul twee kinders gedeel het, uitgetrek het nie.




