DNS onthef ‘bloedskande’ pa se vaderskap

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man (41) van wat aanvanklik van bloedskande aangekla was, het deur DNS-toetse uitgevind hy is nie die pa van die 11-jarige dogter wat hy glo verkrag het nie.

Die aanklag is nou deur die hof van bloedskande na verkragting verander.

Die verdagte van Francistown het na bewering sy dogter tussen Junie 2020 en Julie 2021 verkrag. Die ma het glo die verdagte met haar dogter betrap toe sy in die nag wakker geword het van geluide in ’n ander vertrek.

Die aanvanklike klagte van bloedskande kan nie volgehou word nie, aangesien die verdagte nie die dogter se biologiese pa is nie.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.