Kleuter dood toe motor hom in oprit raakry
Nooddienste het na die toneel gehaas, maar die kleuter het ernstige beserings opgedoen en is later in n plaaslike hospitaal doodverklaar.

Kleuter dood toe motor hom in oprit raakry
’n Kleuter (18 maande) is dood nadat ’n motor hom in ’n oprit van ’n huis raakgery het.
Die voorval, wat die plaaslike polisie as ’n tragiese ongeluk beskryf, het Dinsdag omstreeks 17:00 in County Cork, Ierland plaasgevind.
Kleuter oorlede
Daar is geen inligting beskikbaar of dit ’n ouer, familielid of ’n vreemdeling is wat die kleuter raakgery het nie.
Nooddienste het na die toneel gehaas, maar die kleuter het ernstige beserings opgedoen en is later in n plaaslike hospitaal dood verklaar.