‘Drom moordenaar’ sal ‘vrek gemaak’ word as hy op borg uitkom, waarsku inwoners

Foto: Gavin Manuel en Elene Lino (Daily Voice)

Inwoners van Manenberg dreig om die berugte “Drom moordenaar” te vermoor as hy deur die Athlone-landdroshof op borg vrygelaat word.

Woedende mense het Maandag buite die hofgeboue betoog toe Gavin “Nanganang” Manuel (49) sy tweede verskyning gemaak het vir die moord op sy 19-jarige meisie, Elene Lino.

Manuel is in hegtenis geneem nadat Elene se lewelose liggaam op 9 Januarie in ‘n asblik gevind is. Hy het dié asblik gestoot met haar lewelose liggaam in.

Candice Baartman (26), Elene se suster, het luidens die Daily Voice, gesê sy het Manual omstreeks middernag op dié dag in die erf met ‘n asblik gekry. Hy het bloed aan hom gehad.

Inwoners van Manenberg het gewaarsku hulle sal Manuel self doodmaak as hy op borg vrygelaat sou word.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published.