Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n huis beroof het en met twee voertuie weggekom het.
Kapt. Amanda Van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie het reageer op ’n huisroof wat Maandag 24 Januarie 2022 in Boksburg plaasgevind het.
Beroof
Die twee verdagtes van 38 en 40 jaar oud het van die toneel gevlug nadat hulle ’n huis beroof het, maar is vinnig deur die polisie in onderskeidelik Elsburg en Tsakane aangekeer.
Die polisie het twee voertuie, elektroniese toestelle, klere en verskeie ander items gesteelde eiendom teruggevind wat tydens die huisroof geneem is. ’n Ongelisensieerde vuurwapen is ook teruggevind.
Die twee staan tereg op aanklagte van huisroof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.



