Nederlandse polisie vind verstekeling op vlug uit Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Die Nederlandse polisie het ’n verstekeling in die neuswiel van ’n vragvliegtuig wat uit Suid-Afrika vertrek het, gevind.

Joanne Helmonds, woordvoerder van die Koninklike Nederlandse Militêre Polisie, het in ‘n verklaring gesê die man, wat nie geïdentifiseer is nie, het vermoedelik op die vliegtuig ongesiens toegang tot die vliegtuig gekry voordat dit uit Johannesburg vertrek het.

Die man is lewend en in ’n stabiele toestand gevind en is na ’n hospitaal geneem.

Helmonds het gesê dit is merkwaardig dat die man nog lewe.

Die polisie ondersoek die voorval.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.