Nestlé het sy KitKat-sjokolades met Hindoe-gode op die omhulsels onttrek nadat hulle talle klagtes ontvang het.
Mense in Indië het beswaar gemaak en gesê dit is aanstootlik om die foto’s van Lord Jagannath, Balabhadra en Mata Subhadra op die omhulsels van die KitKat-sjokolades te hê wat uiteindelik weggegooi sal word.
Hindoes het gekla oor die idee om beelde te hê van hierdie gode op omhulsels wat in later in asblikke beland of in die straat lê.
Nestle Indië het gesê dat hulle reeds die sjokolades met hierdie omhulsels onttrek het. Dit was deel van ‘n veldtog om reispakkette bekend te stel en kulturele diversiteit te vier.
Die omhulsels met beelde van Hindoe-gode het die Odisha-kultuur verteenwoordig.



