Inwoners van Kimberley is ontstoke nadat ‘n stormdrein deur munisipale werkers oopgelos is op die hoek van Newton- en Kaapstadweg. Die betonblokke is van die drein afgehaal en nie weer teruggesit nie.
“Dis baie gevaarlik, veral vir ‘n kind wat daarin kan val,” het een inwoner aan FiND IT gesê.
Inwoners word gewaarsku om versigtig te wees in die area.
FiND iT het navrae aan die Sol Plaatje-munisipaliteit gerig en nog geen terugvoer ontvang nie.



