VSA-lugdienste waarsku oor moontlike 5G-vlugontwrigting

Deel hierdie storie / Share this story

Tien van die grootste Amerikaanse lugdienste het ‘n waarskuwing uitgereik dat die aanskakeling van 5G-selfoondienste “groot ontwrigting” aan vlugte sal veroorsaak.

Lugrederye vrees dat die C-band 5G-seine vliegtuie se navigasiestelsels sal ontwrig, veral dié wat in slegte weer gebruik word.

Die waarskuwing is uiteengesit in ‘n brief aan die Amerikaanse lugvaartowerhede.

Bronne: BBC, Yahoo

Lees ook: US airlines warn of impending 5G flight disruption