Twee vroue en ‘n man in hegtenis geneem vir wrede nagklubmoord

Deel hierdie storie / Share this story

Twee vrouens en ‘n man is Maandag 17 Januarie in hegtenis geneem in verband met die moord van ‘n 22-jarige vrou by ‘n nagklub in Dagbreek, Welkom.

Volgens die SAPD-woordvoerder was die 22-jarige by die werk op 8 Januarie waar sy “wreedaardig vermoor is deur ‘n groep mense”.

Lede van die Thabong-misdaadvoorkomingseenheid het Maandag twee vroue in hegtenis geneem vir hul rol in die beweerde moord, nadat inligting ontvang is.

Die persoon wat moontlik die moord beplan het, is ‘n 25-jarige man. Al drie gearresteerde verdagtes sal na verwagting op Woensdag 19 Januarie in die Welkom-landdroshof verskyn.

Die polisie het nie die motief vir die beweerde moord bekendgemaak nie.

Bronne: MSN, Hannaprita

Lees ook: Solidariteit begin hofsaak teen UV oor gedwonge inenting

Volg FiND iT hier.