Die Wes-Kaapse hooggeregshof het gelas dat die vermeende parlementbrandstigter, Zandile Mafe, uit die Valkenburg- psigiatriese hospitaal ontslaan word.
Mafe is verlede Donderdag in Valkenberg opgeneem nadat ‘n distriksgeneesheer hom met paranoïese skisofrenie gediagnoseer het en aanbeveel het dat hy vir ‘n 30 dae psigiatriese assessering opgeneem word.
Mafe, wat Covid-19 opgedoen het en in isolasie is, is daarvan beskuldig dat hy die parlement vroeër vanjaar aan die brand gesteek het en ‘staar aanklagte, waaronder brandstigting en terrorisme, in die gesig.
Mafe se prokureur het bevraagteken hoe die staat hom van terrorisme kan aankla terwyl hy sy geestesgesondheid bevraagteken.
Regterpresident John Hlophe het beslis dat Mafe Woensdagoggend uit die Valkenberg- psigiatriese hospitaal ontslaan moet word.
Sy borgtogverhoor sal Saterdag in die streekhof in Kaapstad aangehoor word onderhewig aan verdere konsultasie tussen die partye.
Bronne: EWN, Sowetan LIVE
Lees ook: Mafe to be released from Valkenberg – mental evalutation unlawful
Volg FiND iT hier.



