Ten minste 22 mense is dood na ‘n dubbele aardbewing in Afghanistan Maandag.
Vier kinders was onder diegene wat dood in die puin gevind is. Ongeveer 700 huise is tydens die aardbewings beskadig. Die eerste aardbewing het in die middag getref, en die tweede het ongeveer twee uur later gevolg.
Die dodetal kan toeneem soos reddingspogings tussen die rommel voortgaan.
Bronne: BBC, Yahoo
Lees ook: Kaalkop onthoof vir goud in Mosambiek



