Rita se Cremoratert

Deel hierdie storie / Share this story

Onthou jy nog die smaaklike Cremoratert uit jou kinderdae? Hier deel Rita Smit haar heerlike en maklike Cremoratert-resep.

Bestanddele:

  • 250 g Cremora
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 250 ml suurlemoensap
  • 250 ml kookwater
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 125 ml botter of margarien

Metode vir Cremoratert:

  • Smelt die botter in die mikrogolf en kap die Tennisbeskuitjies fyn.  Hou bietjie van die beskuitjies eenkant om bo-oor die tert te strooi.  Die res meng jy met die botter om die tertkors te maak.
  • Spuit ’n tertbak met Spray & Cook en druk die krummels met die botter gemeng in die bak vas.
  • Meng die Cremora en kookwater totdat dit glad is – laat dit afkoel.
  • Klits die kondensmelk en die suurlemoensap totdat dit begin styf word.
  • Klits nou die Cremora-mengsel by die kondensmelkmengsel.
  • Skep uit in jou tertbak en strooi die koekiekrummels bo-oor.
  • Sit die tert in die yskas en laat dit vir twee ure stol.

Volg FiND iT op Facebook hier en leer meer artikels hier.