Ses gevangenes ontsnap

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het ’n soektog van stapel gestuur nadat ses gevangenes uit aanhouding ontsnap het. Die gevangenes het ontsnap terwyl hulle na die hof op Vosloorus onderweg was.

Volgens berigte is die polisievragmotor wat die gevangenes vervoer het deur drie gewapende mans wat ’n silwer Audi-voertuig op die hoek van Barry Marais- en Rondebultstraat bestuur het, in ’n lokval oorval.

Gevangenes ontsnap

Vyf van die ses ontsnaptes moes by die hof verskyn vir ’n Dawnpark-saak van sakeroof, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die sesde ontsnapte moes sy eerste verskyning in ’n saak van winkeldiefstal maak.

Die beskuldigdes is:

  • Nkululeko Nkomo
  • Robert Hlatshwayo
  • Thulani Dube
  • Augustine Moyo
  • Mbongiseni Mkandla

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.