Al hoe minder mense laat toets hulself vir Covid-19

Covid-19-syfers daal

Covid-19-toetse daal

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (Nios) laat toets al hoe minder mense hulself vir Covid-19.

Slegs 17 197 Covid-19-toetse is in die afgelope 24 uur uitgevoer en 2 409 nuwe gevalle is aangemeld.

Hierdie nuwe gevalle bring die Covid-19-positiwiteitskoers op 14%.

Die nuutste Covid-19-statistiek toon ‘n verdere 77 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat die totale sterftes op 92 530 te staan ​​bring.

Die meerderheid nuwe Covid-19-gevalle was op 10 Januarie 2022 in Gauteng (34%), gevolg deur die Wes-Kaap (23%). KwaZulu-Natal was verantwoordelik vir 21%; die Vrystaat 5%; die Oos-Kaap en Mpumalanga 4%. Noordwes en Noord-Kaap het elk 3% gehad en Limpopo 2%.

Suid-Afrika is tans op vlak 1 van die inperkingsmaatreëls wat, onder andere, op sametrekke en die dra van maskers in openbare areas fokus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.