Vier dood en 20 beseer in piranha-aanvalle

Deel hierdie storie / Share this story

Vier persone is dood en meer as 20 beseer in ’n vlaag piranha-aanvalle wat paniek in Paraguay veroorsaak het.

’n Man (22) is dood nadat hy erg deur die roofdiere gebyt is terwyl hy op 2 Januarie in die Paraguay-rivier, suid van die hoofstad Asuncion, by Itá Enramada geswem het.

Sy familie het gesien hoe hy uit die oog verdwyn en die polisie gekontak. Dit het tot ’n soektog van meer as 45 minute gelei voordat sy erg gebyte liggaam gevind is.

Tweede man dood in piranha-aanvalle

’n Tweede man (49) is ook dood in die Paraguay-rivier, in die dorp Puerto Rosario. Sy liggaam is met bytwonde gevind nadat hy as vermis aangemeld is.

Forensiese ondersoeke het bevestig dat hy heel waarskynlik deur piranhas in die water aangeval is wat sy gesig geteiken het.

Twee ander mense is ook dood aangetref en menige ander is gebyt. Sewe gevalle is net op Nuwejaarsdag aangemeld.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.