’n Persverklaring oor die slaagsyfer van Gauteng-matrikulante, wat glo verlede week deur die Gautengse departement van onderwys uitgestuur is, is fopnuus. In die verklaring word beweer net 32% van Gauteng-matrikulante het geslaag.
Die Gautengse departement van onderwys het gister ’n amptelike verklaring uitgestuur wat sê die verklaring oor die slaagsyfer is vals.
“Die Gautengse onderwysdepartement wil ‘n vals brief oor die hangende matriekuitslae ten sterkste veroordeel, aangesien dit ons LUR, sowel as ons matrikulante, ondermyn.”



