‘n Restaurantrekening van meer as R1.3 mijoen het sosialemediagebruikers geskok. Die rekening, wat glo aangegaan is by ‘n restaurant in Brooklyn, Pretoria, behels onder andere 20 bottels Dom Pérignon-sjampanje, teen R6 000 ‘n bottel.
Die res van die rekening is opgemaak uit:
100 bottels Ace of Spade-sjampanje teen R10 000 elk
50 bottels Vauve Rich-sjampanje teen R2 000 elk
20 bottels Dom Perignon-sjampanje teen R6 000 elk
10 300 ml blikkies Coke teen R25 elk
3 bottels Glenfiddich Skotse whisky teen R9 500 elk
Twee bordjies kos vir R1 100
FiND iT het die restaurant gekontak vir kommentaar, maar die persoon wat die telefoon opgetel het, het gesê sy is nie tans aan diens nie. Die landlyn by die restaurant het net gelui. FiND iT het ook skriftelike navrae ingesit. Luidens The South African het die restaurant dit aan dié webtuiste bevestig.



