‘n Totaal van 4 482 nuwe Covid-19-gevalle is op 9 Januarie 2022 in Suid-Afrika geïdentifiseer, wat die totale aantal laboratoriumbevestigde gevalle op 3 526 054 te staan bring.
Hierdie toename verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 17.6%.
Volgens die Nasionale Departement van Gesondheid is ‘n verdere 82 Covid-19-verwante sterftes aangemeld, wat die totale sterftes tot dusver op 92 453 te staan bring.
21 553 366 Covid-19-toetse is in beide openbare en private sektore uitgevoer.
Die meeste nuwe gevalle Sondag aangeteken, was in die Wes-Kaap (26%), gevolg deur KwaZulu-Natal (23%).
Gauteng was verantwoordelik vir 22%, Oos-Kaap 8%; Noord-Kaap 6%; Vrystaat 5%. Mpumalanga en Noordwes het elk onderskeidelik 4% uitgemaak en Limpopo was verantwoordelik vir 3%.



