’n Ma (36) is Woensdag in hegtenis geneem nadat haar baba in ’n skoenboks, toegedraai in ’n swartsak, in ’n asblik gevind is.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê met die polisie se aankoms op die toneel in
Ackerville Township, Nelspruit, het hulle ’n man gekry wat vir hulle gesê het dat hy in die vullisdrom besig was toe hy ’n vreemde plastieksak opmerk. Hy het toe verder ondersoek ingestel en was verbaas om ’n fetus in ’n skoenboks, toegedraai in ‘n plastieksak, te vind.
Baba in asblik gevind
Die polisie het dadelik die saak ondersoek en daarin geslaag om die ma op te spoor wat naby die plek bly waar die ontdekking gemaak is.
Sy het Vrydag 7 Januarie 2022 in die Emalahleni-landdroshof verskyn.



