Nuwejaarsbabas net waar jy kyk

Volgens Joe Phaahla, minister van gesondheid, het  Suid-Afrika1 764 nuwe babas by staatshopsitale landswyd verwelkom.

Die departement van gesondheid het Sondag in ‘n verklaring gesê 894 meisies en 870 seuns is gebore.

Die eerste, ‘n dogtertjie, is presies om midderdag by die Shongwe-hospitaal, Mpumalanga gebore.
Haar ma 25 jaar oud.

Luidens die verklaring was daar meer as 65 tienerma’s tussen die ouderdomme van 13 en 19 jaar oud.

Intussen moedig Phaahla nuwe ma’s aan om vir die eerste ses maande te borsvoed om te verseker dat hul babas van geboorte af die nodige voeding en immunisering kry.

“‘n Kind se gesondheid is die kwesbaarste gedurende die eerste 1 000 dae van hul lewens en die regte voeding gedurende hierdie tydperk kan ‘n groot impak hê op ‘n kind se vermoë om te ontwikkel en te leer.

Babas het slegs melkvoeding nodig vir die eerste ses maande van hul lewe, maar melk bly na ses maande ‘n belangrike bron van voedingstowwe vir kinders, daarom is dit nie nodig om ‘n tydsbeperking op voere te plaas nie,”  het die minister gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published.