NOORDWES – Die polisie het Maandag 27 Desember 2021 ‘n liggaam in die Roodeplaat-dam gevind.
Sers. Mavis Sindane, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die lyk ongeveer 23:00 by die Leeufontein Estate by Roodeplaat-dam gevind is. Sers. Sindane kan ook bevestig dat die lyk die van ‘n man is en dat ‘n saak van moord ondersoek word. Verdere inligting sal later volg.

Volgens ‘n ooggetuie was die kop en hande van die man se liggaam afgesny, maar die polisie kon dit nie bevestig nie.
Ander kampeerders by Roodeplaat-dam het glo gesê dat hulle net voor 23:00 gesien het hoe ‘n motor by ‘n brug stilhou.
Niemand kan bevestig hoeveel persone uit die voertuig geklim het nie, maar die ooggetuies sê: ”Die mans het iets in die water gegooi.”
Nog geen van hierdie bewerings oor die liggaam by Roodeplaat-dam kan bevestig word nie.
Lees volle berig hier.
Lees ook meer oor ‘n driejarige heldin hier.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



