Driejarige heldin in familietragedie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Dogtertjie (3) se instinktiewe besluite het almal se harte geroer. Sy het in ‘n ondenkbare situasie gedoen wat niemand gedink het ‘n kleuter van drie jaar sou kon doen nie.  

Volgens berigte uit Spotlightstories het bure onraad vermoed nadat hulle geweerskote gehoor het. Hulle het die polisie in kennis gestel en na ondersoek kon die polisie niks vreemds vind nie. Dit is ook nie bekend of die polisie wel die huis aan die binnekant deursoek het nie. 

Die bure was steeds bekommerd omdat hulle geweet het dat daar twee klein kinders in die huis was. Op 17 Desember 2021 het hulle besluit om die gereg in hul eie hande te neem en het die huis binnegegaan om ondersoek in te stel. 

Spotlightstories berig hulle het die lyke van beide ouers, die getraumatiseerde dogtertjie en haar vier maande oue boetie in die huis gekry. Die buurt het saamgestaan en die kinders versorg terwyl die polisie verdere ondersoek ingestel het.

Die polisie het ontdek dat die pa die kinders se ma geskiet het, waarna hy sy eie lewe geneem het. Dis nog nie bekend hoe lank die kinders alleen was nie.

Dit is verstommend dat ‘n driejarige kind bekwaamd genoeg was om na haar en haar boetie se behoeftes om te sien terwyl sy deur ernstige trauma moes gaan.

Maureen Ryan, ‘n polisiewoordvoerder, het in ‘n perskonferensie met ‘n knop in haar keel gesê: “Ons klein engel het haar boetie en haarself aan die lewe gehou. Haar boetie is ‘n wonderwerkbaba, maar sy, sy is ons heldin.”

Foto: YOUTUBE – ABC7

Lees die volle storie hier