Vyfjarige se liggaam gevind na sy verdwyn

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n vyfjarige meisie, Kamarie Holland, is in Phenix City, Alabama, gevind.

Kamarie Holland is Maandagoggend die laaste keer naby Bowmanstraat in Columbus gesien voordat haar lyk in Alabama gevind is.

Die vyfjarige Kamarie is Maandag ongeveer 06:15 deur haar ma as vermis aangemeld nadat sy wakker geword het en gesien het haar dogter is weg. Die voordeur was glo oop.

Jeremy Tremaine Williams, ‘n inwoner van Columbus, is deur die ondersoekbeamptes as ‘n moontlike verdagte geïdentifiseer.

Nadat ‘n ondersoek geloods is, het hulle hom in ‘n hotel in Phenix City Alabama opgespoor waar by vroeër in ‘n leë huis gewoon het.

Die vyfjarige Holland se liggaam is in dié huis gevind.

Volgens Russell county sheriff Heath Taylor lyk dit of die oorsaak van haar dood versmoring was. Taylor het ook gesê Holland is voor haar dood seksueel aangerand.

Haar lyk is intussen vir ‘n lykskouing gestuur, en ondersoekers hoop om DNS-bewyse te kry, het die Ledger-Enquirer berig.

“Dit is altyd hartseer as sulke goed met kinders gebeur. Ons moet aan sake werk waar ‘n onskuldige kind, soos Kamarie, dood is en niks verkeerd gedoen het nie.”

Williams is in aanhouding en word van moord aangekla.

Ondersoekers meen daar kan ander verdagtes by Holland se dood betrokke wees. Volgens die polisie is Williams voorheen van mishandeling van kinders in Russell County en Columbus aangekla. Hy was ook ‘n verdagte nadat ‘n eenjarige in Alaska dood is, maar is nie aangekla nie, weens ‘n gebrek aan bewyse.

Volgens gerugte het Kamarie se ma en Williams mekaar geken.

Volg FiND iT hier op Facebook.