Die wêreld se “mees identiese tweeling” Anna en Lucy DeCinque (35), het onthul hul ma wil hê hulle moet albei op dieselfde tyd swanger raak met hul gedeelde kêrel se babas.
Die tweeling van Perth het die vreemde aankondiging op die Australiese TV-program, Today, gemaak.
“Ons weet nie hoe dit gaan werk nie. Ons wil op dieselfde tyd swanger raak. Dit gaan ’n groot uitdaging wees. Daar is baie druk op ons kêrel.”
Hul babas sal beide halfbroers en neefs wees.
Ben Byrne (37), ‘n werktuigkundige, het die twee susters in 2012 ontmoet kort voor hulle beroemd geraak het.
Hulle was van die begin af eerlik met hom oor wat hulle wou hê, het hulle voorheen aan The Sun gesê.
“Hy het van die begin af geweet ons is ‘n pakkie. Omdat hy self ’n nie-identiese tweeling was, het hy gesê dat hy ons band verstaan. Ons was egter steeds senuweeagtig,” het Lucy bygevoeg.
“Ons het geweet sommige ouens sal dalk dink dit is kinky om met ’n tweeling uit te gaan en sal ons net as ’n trofee sien, so ons moes seker gemaak het Ben is opreg en hou van ons altwee voordat ons ingestem het om hom te ontmoet.”
Die duo het begin uitgaan en Byrne – wat 40 minute se ry daarvandaan gewoon het – het ‘n jaar later by die meisies en hul ma, Jeanna, ingetrek.
The Sun het voorheen berig die susters wou albei met Byrne trou, hoewel poligamie, ‘n huwelik tussen een man en meer as een vrou, ingevolge die Huwelikswet van 1961 in Australië verbied is.
“As dit nie teen die wet was nie, sou ons al lankal met Ben getrou het. Ons wou nog altyd met dieselfde man getrou het. Dit werk vir ons en mense se opinies maak ons nie meer seer nie,” sê die tweeling.
Die tweeling het ook tydens hul onderhoud op die program gesê dat hulle graag wil teruggaan na ‘n meer natuurlike voorkoms. Hulle het al sowat $S1750,00 aan plastiese chirurgie bestee.
Die sussies is al menige kere op sosiale media oor hul voorkoms gekritiseer. Mense het al gesê hulle lyk soos Barbie-poppie met vislippe. Hoewel hulle die kommemtaar geïgnoreer het, het hulle erken dat dit tog seermaak.
“Ons wou in ‘n stadium die grootste van alles hê – veral lippe. Ons was aan die begin mal daaroor, maar ons besef vandag dit is dalk bietjie te groot.”
Die sussies is ook spyt oor hul wenkbroue wat hulle laat pluk en laat tattoeër het.
Hulle het ook hul haar- en wimperverlengings weggegooi en ophou lipvullers kry.
Verlede jaar het hulle onthul dat hulle ‘n verstommende 14 operasies in 14 dae gehad het.
Die bisarre twee weke van operasieshet begin nadat Anna opgemerk het dat Lucy moesies op haar rug het wat “verwyder moet word”.
Die tweeling sê sonder twyfel dat hul weet Byrne is die regte man vir hulle.
“Hy behandel ons gelyk. As hy die een soen, soen hy die ander een dadelik daarna, en hy hou ons altwee se hande vas wanneer ons uitgaan.
“Ons het nie nodig om jaloers op mekaar te wees nie, want ons weet hy het ons ewe lief. “Sommige mense sê dit is walglik, maar dit werk vir ons,” sê die tweeling.
Volg FiND iT hier op Facebook.








