Die Nasionale Instituut vir Oordraagsbare Siektes (Nios) het gister gesê 23 884 nuwe Covid-19-gevalle is aangemeld.
Altesaam 68 437 toetse is in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 23 884 nuwe gevalle, wat ‘n positiwiteitskoers van 34,9% verteenwoordig.
‘n Verdere 24 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat tot dusver die totale sterftes op 90 172 te staan bring.
Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het Dinsdagmiddag gesê die koronavirusbevelsraad sou gister vergader oor ‘n besluit oor moontlike strenger inperkingsmaatreëls vir die land tydens dié feesseisoen.
Gewoonlik praat president Cyril Ramaphosa die aand van die bevelsraadsvergadering met landsburgers, maar dit is nog nie bekend of die adjunk-president dit namens hom sal doen nie.
“Die adjunk-president, David Mabuza, sal leiding neem in die vergadering vanmiddag,” sê dr. Phaahla. ‘n Besluit of daar ‘n familievergadering sal wees, en wanneer dit sal plaasvind, sal bespreek word.




