Suid-Afrika het teen Maandagaand bykans 14 000 nuwe Covid-19-gevalle gehad, terwyl die positiwiteitskoers hoog bly.
Altesaam 45 101 Covid-19-toetse is in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 13 992 nuwe gevalle, wat ‘n positiwiteitskoers van 31% verteenwoordig.
‘n Verdere 11 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat die totale sterftes op 90 148 te staan bring.
Só lyk die nuwe gevalle per provinsie vandag: Gauteng (48%); KwaZulu-Natal (19%); Wes-Kaap (10%); Vrystaat en Noordwes (elk 5%); Oos-Kaap en Mpumalanga (elk 4%); Limpopo (2%) en die Noord-Kaap slegs 1%.



