Mej. SA ‘simbool vir vrede tussen nasies’

Deel hierdie storie / Share this story

Lalela Mswane, Mej. SA, het die naweek by die Mej. Heelal-kompetisie die tonge los gehad met haar nasionale kostuum, wat ’n wit duif uitbeeld wat vrede simboliseer. Internetverbruikers sien haar nou as die simbool vir vrede tussen nasies.

Lalela het ​ ’n wit lyfpak oorgetrek met wit vere aangehad.

Mej SA-organisasie het in n sosialemediaplasing gesê: “Lalela Mswane verteenwoordig haar nasie, kultuur en sy gees van ubuntu. ’n Nasie wat gewys het dat blywende vrede bereik kan word. Sy is geëerd om hierdie boodskap van hoop na die wêreldverhoog te bring.”

Mej. SA het die naweek die derde plek in die Mej. Heelal-kompetisie, wat in Israel plaasgevind het, verower.

Volg FiND iT op Facebook h ier en lees meer artikels hier.