Suid-Afrika het ‘n rekordgetal van 37 875 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, terwyl die VK volgens Nios ‘n strenger inperkingsvlak weens die Omikron-variant instel.
Dié syfer is heelwat hoër, aangesien ‘n agterstand by laboratoriums gelei het tot ‘n bykomende 19 840 Covid-19-gevalle.
Dit is die hoogste aantal infeksies wat die land nog binne ‘n 24 uur periode aangemeld het.
Vandag is 21 nuwe sterftes aangemeld wat die land se totaal op 90 137 te staan bring. Die land se positiwiteitskoers staan tans op 92,0%.
Die Verenigde Koninkryk het vanmiddag sy Covid-19-inperkingsvlak van vlak 3 na vlak 4 verhoog. Dié aankondiging volg nadat Omikron-gevalle die afgelope twee dae met 115% toegeneem het.



