Nasionale ramptoestand word verleng

Deel hierdie storie / Share this story

Tydens ‘n uitsending Donderdagoggend het die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, aangekondig dat die kabinet die Nasionale Ramptoestand tot 15 Januarie 2022 verleng, maar nog geen datum is vir die “familievergadering” deur president Ramaphosa vasgestel nie.

Dit volg nadat president Ramaphosa Maandag in sy nuusbrief bekend gemaak het dat die nasionale koronavirusbevelsraad vandeesweek sal vergader.

Die minister het ook gesê dat die invloed van die inperkingsmaatreëls Desember laasjaar ‘n massiewe impak op die ekonomie en besighede gehad het. Die kabinet probeer die balans vind tussen werksverliese weens Covid-19-inperkingsmaatreëls en die ekonomie.
Nog geen aanduiding oor verpligte inentings is gemaak nie.

Daar word verneem dat president Ramaphosa moontlik oor die naweek met die bevelsraad sal vergader, nadat die land gister bykans 20 000 Covid-19-gevalle aangeteken het, en bykans ‘n kwart van diegene wat vir Covid-19-toetse gegaan het, positief getoets het.

Die kabinet vra ook dat mense nie in groot groepe saamdrom nie.

Volg FiND iT hier op Facebook.