Covid-19-statistieke: Amper 20 000 nuwe gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Covid-19-statistieke: Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is die afgelope 24 uur 118 060 nuwe gevalle landwyd aangemeld.

Die positiwiteitskoers het teen Woensdagaand op 26,8% gestaan nadat 19 842 mense positief vir die virus getoets het.

Nog 36 sterftes is ook intussen aangemeld wat die sterftesyfer nou op 90 038 te staan bring.

Tot op hede het 3 071 064 persone al sedert die begin van die uitbraak van die virus positief vir Covid-19 getoets, waarvan 2 867 966 persone reeds herstel het.

Gauteng is steeds die provinsie met die meeste gevalle en die Noord-Kaap die minste.

Altesaam 73 911 toetse is sedert die vorige verslag uitgevoer en nóg 13 675 dosisse entstof is Woensdag toegedien.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.