Eskom-toring stort ineen weens vandalisme

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – ‘n Eskom-toring het Dinsdag in Marikana in Noord-Wes ineengestort.

Eskom het in ’n verklaring gesê die Bighorn Pluto-toring het ineengestort weens vandalisme en diefstal en het mense gewaarsku om van elektrisiteitstrukture af weg te bly.

Eskom-toring val

“Behandel asseblief die lynstruktuur as lewendig en as ’n veiligheidsmaatreël. Ons versoek gemeenskappe om Eskom-werknemers die ruimte te gee om aan die lyn te werk en om herstel van die toerusting te verseker,” lui die verklaring.

Eskom het ook die geleentheid gebruik om Suid-Afrikaners te versoek om die gebruik van elektrisiteit te verminder.

“Ons kragstelsel is onder erge druk. Skakel asseblief alle onnodige ligte, jou geiser, swembadpomp en nie-noodsaaklike toestelle af.”

Eskom het gemeenskapslede aangemoedig om enige onwettige verbintenisse of vandalisme by sy toegewysde misdaadlyn 0860 037 566 aan te meld.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer oor Eskom hier.