Caltex se Mavis

Deel hierdie storie / Share this story

Mavis Chara (35) van Hawie’s Garage is deur Kimberley Online Co. se lesers genomineer vir haar vriendelikheid en goeie diens. ’n Verslaggewer van Kimberley Online Co. het self na die garage gegaan om brandstof in te gooi en eerstehands Mavis se vriendelikheid en pragtige glimlag te beleef.

Gebore in Zimbabwe, het sy in 2016 na Kimberley verhuis en werk al twee jaar lank by Hawie’s.

“Ek het nie werk gehad om vir my ouers en kinders te sorg nie. Ek het by Hawie’s begin as ’n skoonmaker en so myself opgewerk. Ek is bitter dankbaar vir my werk en geniet dit vreeslik.”

Mavis vertel sy geniet dit baie om met mense te werk en vir hulle vriendelike en goeie kliëntediens te verskaf.

Volg Kimberley Online Co. op Facebook hier en lees meer artikels hier.