Die 27-jarige Stephan Naude is reeds vyf weke vermis.
Naude is die laaste keer op 20 Oktober op Stellenbosch gesien waar hy oor die hangburg by Eersterivier geloop het.
Die laaste leidraad wat sy familie ontvang het, is dat Naude op 29 Oktober vermoedelik op pad was na Hermanus.
Daar is ‘n beloning van R50 000 vir enigiemand wat met inligting vorendag kom wat tot Stephan Naude se opsporing sal lei.
Enigiemand met inligting kan speurder-sersant C.C Louskitt by 065 635 4774 kontak.





