Sol Plaatje: dag vyf sonder water vir Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

Ten spyte van beloftes van die Sol Plaatje Munisipaliteit, het inwoners in Kimberley steeds geen water.

Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje, het gesê die spanne kyk op die oomblik na die drukking vanaf Riverton.
“Soos ek gesê het geen lekkasies nie, maar die fisies nagaan van die kleppe. Newton-reservoir het voldoende reserwes, maar as hierdie probleem nie reggestel word nie en ons dadelik die kanale oopmaak, sal dit die reservoir onmiddelik leegmaak. Vir nou jaag ons teen tyd. Almal, of die meeste van die areas, word van Newton af verskaf.”

Inwoners is woedend. Inwoners op Facebook het die volgende plekke wat steeds geen water het nie, genoem:

  • Phutanang
  • Herlear
  • Homevale
  • Roodepan
  • Labram
  • New Park
  • Beaconsfield
  • Florianville
  • Homestead
  • De Beers
  • Kenilworth
  • Squarehill park
  • Royldene
  • Floors
  • Belgravia
  • Monument Hoogte
  • Rhodesdene
  • Verwoerdpark
  • South Ridge
  • Hadison Park
  • Diskobolos

Drie pype in Edgertonstraat, op die hoek reg oorkant The Halfway House, is herstel, maar die C-buiging is uitgelaat. “Dit kan vervang word sonder om die watertoevoer af te sluit,” sê Matsie.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels oor Sol Plaatje in Afrikaans hier.