Life Healthcare: Alle personeel moet ingeënt wees

Deel hierdie storie / Share this story

Life Healthcare vereis dat al hul personeellede teen 1 Desember teen die koronavirus ingeënt moet wees.

Ongeveer 80% van al sy personeellede, dokters, gesondheidswerkers en kontrakteurs is reeds ingeënt.

Volgens Peter Wharton-Hood, uitvoerende hoof van die hospitaalgroep, berei Life Healthcare hom voor op ‘n verdere vlaag van die koronaviruspandemie.

Ter ondersteuning van die regering se nasionale inentingsprogram het die groep 22 inentingsstasies landwyd by sy hospitale ingerig.

Met die bekendmaking van Life Healthcare se boekjaarresultate, blyk die invloed van die pandemie op die groep se hospitaalopnames en finansiële posisie duidelik. Die resultate is tot einde September.

Verskeie ander maatskappye het ook intussen aangekondig dat hulle inentings verpligtend maak vir hul werknemers.

Die hospitaalgroep MediClinic het reeds vanaf Oktober inentings vir werknemers verpligtend gemaak.

FiND iT het voorheen berig Old Mutaul vereis van 1 Januarie 2022 dat al sy personeel ingeënt moet wees.